Oordra van GPX-lêers vanaf jou rekenaar

Apple® rekenaars kan dalk bykomende derdepartysagteware vereis, soos Android File Transfer, om lêers op hierdie toestel te lees en skryf.

Indien jy reeds roetes geskep het wat jy op jou toestel wil gebruik, kan jy GPX-lêers direk vanaf jou rekenaar oordra.

  1. Verbind die toestel aan jou rekenaar (Verbind die Toestel aan Jou Rekenaar).

    Die toestel verskyn as ’n draagbare toestel.

  2. Maak die lêerblaaier op jou rekenaar oop.
  3. Kies ’n GPX-lêer.
  4. Kies Wysig > Kopieer.
  5. Blaai na die GPX-lêergids op die toestel.
  6. Kies Wysig > Plak.
GUID-16B1D74D-857B-4FFB-8DE2-A0960FE0D090 v7
Junie 2024