Byvoeg van ’n Ligging op Jou Roete

Voordat jy ’n ligging by jou roete kan voeg, moet jy op ’n roete navigeer (Begin ’n Roete).

Jy kan liggings by die middel of einde van jou roete byvoeg. Jy kan byvoorbeeld ’n vulstasie as die volgende bestemming op jou roete byvoeg.

  1. Vanaf die kaart, kies Terug na vorige bladsy > Soek.
  2. Soek ’n ligging.
  3. Kies ’n ligging.
  4. Kies Gaan!.
  5. Kies ’n opsie:
    • Om die ligging as die volgende bestemming op jou roete by te voeg, kies Voeg as Vlg. Stop by.

    • Om die ligging by die einde van jou roete te voeg, kies Voeg as Laaste Stop by.

    • Om die ligging by te voeg en die volgorde van bestemmings op jou roete te wysig, kies Voeg by Aktiewe Roete.

Jou toestel herbereken die roete om die bygevoegde ligging in te sluit, en lei jou in volgorde na die bestemmings.

GUID-16B1D74D-857B-4FFB-8DE2-A0960FE0D090 v7
Junie 2024