Om die gidslyne in lyn te bring

Vir die beste verwysing moet die gidslyne in lyn met die buitenste rande van die voertuig wees. Jy moet die gidslyne afsonderlik vir elke trukamera in lyn bring. Wanneer jy die kamerahoek verander, moet jy die gidslyne dadelik weer in lyn bring.

  1. Plaas die voertuig met die bestuurderkant naby in lyn met ’n randsteen, inrypad of parkeerbloklyne.
    WENK: Dit kan nuttig wees om die voertuig in die middel van ’n parkeerblok te plaas en dan vorentoe na die volgende blok te beweeg. Dit laat jou die parkeerbloklyne aan die agterkant van die voertuig as verwysingspunte gebruik om dit in lyn te bring.
  2. Vanaf die gekoppelde Garmin® navigasietoestel, kies Instellings > Koordlose kameras.
  3. Kies die gekoppelde kamera se naam en kies Gidslyne > Wysig Gidslyne.
  4. Gebruik die pyle in die hoeke van die skerm om die punte van die wit gidslyn aan die bestuurder se kant te skuif.

    Die gidslyn moet direk bo-op die randsteen, inrypad of parkeerbloklyn verskyn.


    Gidslynopstelling
  5. Gebruik die pyle in die middel van die skerm om die gekleurde afstandsgidslyne op of af te skuif.

    Die rooi gidslyn moet in lyn met die verste agterkant van jou voertuig wees. Dit kan die agterste buffer, ’n sleepwahaak of ’n ander voorwerp wees wat uit die agterkant van die voertuig steek.

  6. Herposisioneer die voertuig met die passasierskant naby in lyn met ’n randsteen, inrypad of parkeerbloklyne, en gebruik die pyle om die wit gidslyn aan die passasierskant in lyn te bring.

    Die gidslyne moet simmetries wees.

GUID-16B1D74D-857B-4FFB-8DE2-A0960FE0D090 v7
Junie 2024