Bywerking van kaarte en sagteware met behulp van ’n Wi‑Fi netwerk
Kaart- en sagtewarebywerkings kan moontlik vereis dat die toestel groot lêers aflaai. Gewone datalimiete of -heffings van jou internetdiensverskaffer geld. Kontak jou internetdiensverskaffer vir meer inligting oor datalimiete of -heffings.
Jy kan die kaarte en sagteware bywerk deur jou toestel aan ’n Wi‑Fi® netwerk te koppel wat toegang tot die internet verskaf. Dit stel jou in staat om jou toestel bygewerk te hou sonder om dit aan ’n rekenaar te koppel.
LET WEL:
Indien ’n kaartbywerking onderbreek of gekanselleer word voordat dit voltooi is, kan jou toestel moontlik kaartdata ontbreek. Jy moet die kaarte weer bywerk om ontbrekende kaartdata te herstel.
Oueronderwerp: Kaart- en Sagtewarebywerkings