Bywerking van kaarte en sagteware met Garmin Express
Jy kan die Garmin Express™ toepassing gebruik om die jongste kaart- en sagtewarebywerkings vir jou toestel af te laai en te installeer.
- Indien jy nie die Garmin Express toepassing geïnstalleer het op jou rekenaar nie, gaan na garmin.com/express en volg die instruksies op die skerm om dit te installeer.
- Maak die Garmin Express toepassing oop.
-
Verbind jou toestel aan jou rekenaar met behulp van ’n USB-kabel.
Die klein kant van die kabel verbind aan die USB-poort op jou Tread® - Overland Edition toestel en die groot kan verbind aan ’n beskikbare USB-poort aan jou rekenaar.
-
In die Garmin Express toepassing, klik op Voeg ’n Toestel by.
Die Garmin Express toepassing soek na jou toestel en vertoon die toestelnaam en reeksnommer.
-
Klik op Voeg Toestel by, en volg die instruksies op die skerm om jou toestel by die Garmin Express toepassing te voeg.
Wanneer die opstelling voltooi is, vertoon die Garmin Express toepassing die bywerkings wat vir jou toestel beskikbaar is.
-
Kies ’n opsie:
-
Om alle beskikbare bywerkings te installeer, klik op Installeer alles.
-
Om ’n spesifieke bywerking te installeer, klik op Sien besonderhede, en klik Installeer langs die bywerking wat jy soek.
Die Garmin Express toepassing laai die bywerkings af en installeer dit op jou toestel. Kaartbywerkings is baie groot, en hierdie proses kan ’n lang tyd op stadiger internetverbindings neem.
LET WEL: Indien ’n kaartbywerking te groot vir die toestel se interne geheue is, kan die sagteware jou moontlik por om ’n microSD® kaart in jou toestel te installeer om geheue by te voeg (Installasie van ’n Geheuekaart vir Kaarte en Data). -
-
Volg die instruksies op die skerm tydens die bywerkingsproses om bywerkings klaar te installeer.
Die Garmin Express toepassing kan jou byvoorbeeld tydens die bywerkingsproses versoek om jou toestel te ontkoppel en weer te koppel.