Beplanning van ’n roete

’n Roete kan baie liggings insluit en moet ten minste ’n beginligging en een bestemming insluit. Die beginligging is die ligging waarvandaan jy beplan om met jou roete te begin. As jy die roete vanaf ’n ander ligging begin navigeer, gee die toestel jou die opsie om eers ’n roete tot by jou beginligging te neem. Vir ’n retoerrit kan die beginligging en finale bestemming dieselfde wees.

  1. Kies Roetebeplanner > Skep roete.
  2. Indien nodig, kies ’n berekeningsmodus.
    LET WEL: Die Draai-vir-draai-modus word by verstek gekies.
  3. Kies ’n opsie om ’n ligging vir jou beginpunt te kies:
  4. Herhaal stap 3 om nog liggings by te voeg.
    LET WEL: Die laaste ligging wat jy byvoeg, is die bestemming.
  5. Nadat jy al die nodige liggings bygevoeg het, kies Stoor.
GUID-157A2412-594F-45D8-A5EE-5A5327DA0914 v8
Oktober 2024