SOS

WAARSKUWING

Jy benodig ’n aktiewe satellietintekening voordat jy die SOS-funksie kan gebruik. Toets altyd jou toestel voordat jy dit buitemuurs gebruik.

WAARSKUWING

Maak seker jy het ’n duidelike aansig van die lug wanneer jy die SOS-funksie gebruik, want hierdie kenmerk vereis satelliettoegang om behoorlik te werk.

KENNISGEWING

Sommige jurisdiksies reguleer of verbied die gebruik van satellietkommunikasietoestelle. Dit is die verantwoordelikheid van die gebruiker om al die toepaslike wetgewing te ken en te gehoorsaam in die jurisdiksies waar beplan word om die toestel te gebruik.

Jy kan tydens ’n noodgeval jou Tread® - Overland Edition toestel gebruik om die Garmin Response℠ sentrum vir hulp te kontak. Deur die SOS-knoppie te druk word ’n boodskap na die Garmin Response span gestuur en hulle stel die aangewese noodgevalreaksiespanne in kennis van jou situasie. Jy kan gedurende jou noodgeval met die Garmin Response span praat terwyl jy wag dat hulp arriveer. Jy moet die SOS-funksie slegs in ’n werklike noodgeval gebruik.

GUID-157A2412-594F-45D8-A5EE-5A5327DA0914 v8
Oktober 2024