Kaartnutsmiddels

Kaartnutsmiddels verskaf vinnige toegang tot inligting en toestelfunksies terwyl jy na die kaart kyk. Wanneer jy ’n kaartnutsmiddel aktiveer, verskyn dit in ’n paneel op die kaart se rand.

Stop

Stop navigasie van die aktiewe roete.

Wysig roete

Laat jou toe om ’n ompad te vat of om liggings op jou roete oor te slaan (Verander Jou Aktiewe Roete).

Volume

Laat jou toe om die klank- en kennisgewinginstellings aan te pas (Klank- en kennisgewinginstellings).

Stede vorentoe

Wys opkomende stede en dienste langs jou aktiewe roete of langs ’n snelweg (Stede vorentoe).

Vorentoe

Wys opkomende liggings langs die roete of die pad waarop jy reis (Vorentoe).

Hoogte

Vertoon hoogteveranderinge vorentoe.

Verkeer

Vertoon verkeersomstandighede op jou roete of in jou gebied (Besigtig Opkomende Verkeer). Hierdie kenmerk is nie in alle gebiede of vir alle toestelmodelle beskikbaar nie.

Ritdata

Vertoon ritdata wat pasgemaak kan word, bv. spoed of kilometerlesing (Besigtig Ritdata vanaf die Kaart).

Draaie

Vertoon ’n lys opkomende draaie op jou roete (Bekyk draaie en aanwysings).

Telefoon

Vertoon ’n lys onlangse telefoonoproepe vanaf jou gekoppelde telefoon, en vertoon in-oproep-opsies tydens ’n aktiewe oproep (Gebruik In-oproep-opsies).

Weer

Vertoon weersomstandighede vir jou gebied.

photoLive

Vertoon regstreekse verkeerskameras vanaf jou photoLive-intekening (photoLive-verkeerskameras).

Rapporteer Kamera

Laat jou toe om ’n spoed- of rooiligkamera te rapporteer. Hierdie nutsmiddel is slegs beskikbaar wanneer jy spoed- of rooiligkameradata op jou toestel en ’n aktiewe verbinding aan die dēzl™ toepassing het.

Garmin eLog

Vertoon inligting oor diensure vanaf die Garmin eLog™ toepassing. Laat jou diensstatus verander terwyl jy nie bestuur nie.

PrePass ®

Wys kennisgewings vir opkomende weegstasies en verbyrybesluite (PrePass).

GUID-104136B1-8D89-47E2-8799-55395E18A7C3 v8
Oktober 2023