Kalibrering van die Brandstofdoeltreffendheid

Jy kan die brandstofdoeltreffendheid kalibreer om meer akkurate brandstofverslae vir jou spesifieke voertuig en bestuurgewoontes te ontvang. Jy moet kalibreer wanneer jy jou tenk volmaak.

  1. Kies Toepassings > ecoRoute™ > By die Vulstasie.
  2. Voer die huidige brandstofprys in.
  3. Voer die hoeveelheid brandstof in wat die voertuig gebruik het sedert die brandstoftenk laas volgemaak is.
  4. Voer die afstand in wat jy gereis het sedert die brandstoftenk laas volgemaak is.
  5. Kies Volgende.

    Die toestel bereken die gemiddelde brandstofdoeltreffendheid vir die voertuig.

  6. Kies Berg.
Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-E62B4DAB-6BEC-4435-8638-2E8C5AB91ABF v5