Installasie van die sensors op jou bande

WAARSKUWING

Die banddrukmonitorstelsel is slegs vir gebruik met metaalbandklepstele bedoel. Installering van die banddruksensors op nie-metaalbandklepstele kan skade aan die band en/of die bandklepsteel verrig wat tot ernstige persoonlike besering of die dood kan lei.

KENNISGEWING

Om moontlike skade aan die sensors of voertuig te verhoed, verseker dat elke geïnstalleerde sensor nie die voertuigremme, veringkomponente of ander geïnstalleerde toerusting steur nie. Indien ’n geïnstalleerde sensor enige geïnstalleerde toerusting op die voertuig steur, moenie die voertuig met die geïnstalleerde sensor bestuur nie.

KENNISGEWING

Om moontlike bandvibrasie of ongelyke bandslytasie op sekere voertuie te voorkom, kan dit nodig wees om die voertuig se bande ná installsie van die sensor te balanseer.

Voordat jy die sensors op jou bande installeer, moet jy die sensors met jou zūmo® toestel opstel.

  1. Verwyder die bestaande klepsteeldoppies van jou voertuigbande.
  2. Kies op jou zūmo toestel Toepassings > Banddruk om die voertuigprofieldiagram te sien.
  3. Installeer die sensors op die bandklepstele deur dit kloksgewys vas te draai.
    LET WEL: Jy moet elke sensor op die regte band installeer op grond van die voertuigprofieldiagram en die numeriese plakkers wat op die sensors geplak is tydens die opstelproses.
  4. Draai die wiele per hand om te bevestig dat die sensors voldoende speling het en nie met voertuigtoerusting inmeng nie.
Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-29F01505-8BFA-4D12-A2FA-E78E3D09FE96 v4