Rooilig- en Spoedkameras
Garmin® is nie verantwoordelik vir die akkuraatheid of gevolge van die gebruik van ’n rooilig- of spoedkameradatabasis nie.
Inligting oor rooilig- en spoedkameraliggings is in sommige areas vir sekere produkmodelle beskikbaar. Besoek garmin.com/speedcameras om beskikbaarheid en versoenbaarheid na te gaan, of om ’n intekening of eenmalige bywerking te koop. Jy kan te eniger tyd ’n nuwe streek koop of ’n bestaande intekening verleng.
Jy kan mygarmin.com besoek om die kameradatabasis op jou toestel by te werk. Jy moet jou toestel gereeld bywerk om die jongste kamera-inligting te ontvang.
Vir sekere toestelle en streke, kan basiese rooilig- of spoedkameradata by jou toestel ingesluit word. Ingeslote data sluit nie bywerkings of ’n intekening in nie.