Opstel van ’n Insidentkontak

Voordat jy ’n insidentbespeuringkontak kan opstel, moet jy hierdie take voltooi:

Tydens die opstel van die insidentkontak moet die toestel toegang tot Smartphone Link se toepassing en tot jou slimfoon se foonboek hê. Indien jy nie jou toestel vir vryhandoproepe wil gebruik nie, kan jy die Telefoonoproepe-opsie versper nadat die insidentkontak klaar opgestel is.

  1. Kies Instellings > Bestuurderhulp > Insidentkennisgewing > Gaan voort.

    ’n Lys met jou slimfoonkontakte verskyn.

  2. Kies ’n kontak, en kies Volgende.
  3. Bevestig die kontak se foonnommer, en kies Volgende.
  4. Voer jou naam of bynaam in, en kies Gdoen.
  5. Gaan die voorbeeld van die insidentboodskap na, en kies Volgende.
  6. Volg die instruksies op die skerm om jou kontak in te lig dat jy hom/haar as insidentkontak bygevoeg het.
    LET WEL: Die insidentkennisgewingboodskap sluit die naam of bynaam in wat jy ingevoer het, maar word nie vanaf jou foonnommer gestuur nie. ’n Derdepartydiens word gebruik om die boodskap te stuur, en jy moet jou insidentkontak inlig dat die insidentboodskap vanaf ’n onbekende nommer sal kom.
  7. Kies Goed.
  8. Gaan die inligting na, en kies Berg.
Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-515D5BAE-484E-4875-B3D0-BEEF76440982 v3