Gebruik In-oproep-opsies

In-oproep-opsies verskyn wanneer jy ’n oproep beantwoord. Sekere opsies is dalk nie met jou foon versoenbaar nie.

WENK: Indien jy die in-oproep-opsies-bladsy sluit, kan jy dit weer oopmaak deur In-oproep-opsies uit die hoofkieslys te kies.
  • Om ’n konferensie-oproep op te stel, kies Voeg oproep by konferensie.
  • Om oudio na jou foon oor te dra, kies Skakel oproep deur na handstuk.
    WENK: Jy kan hierdie kenmerk gebruik as jy die Bluetooth® verbinding wil verbreek en die oproep wil voortsit, of as jy privaatheid benodig.
  • Om die skakelblad te gebruik, kies Skakelblad.
    WENK: Jy kan hierdie kenmerk gebruik om outomatiese stelsels te gebruik, soos stempos.
  • Om die mikrofoon te demp, kies Demp mikrofoon.
  • Om af te lui, kies Lui af.
Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-260D9C3C-8A96-42DD-8D3B-6F6B7C616338 v5