Ontvang verkeersdata met gebruik van ’n verkeersontvanger
Verhitte (gemetalliseerde) windskerms kan die werkverrigting van die verkeersontvanger verlaag.
’n Verkeersontvanger ontvang, waar beskikbaar, verkeersdata vanaf ’n sein wat deur die lug uitgesaai word. Om verkeersdata oor die lug te ontvang, moet die toestel aan voertuigkrag gekoppel wees deur ’n verkeersversoenbare kragkabel. ’n Verkeersontvanger word by sekere produkmodelle ingesluit (Verkeer). Indien jou produkmodel nie ’n verkeersontvanger insluit nie, kan jy na jou produkbladsy gaan by garmin.com om ’n versoenbare verkeersontvangerkabel-bybehoorsel te vind en te koop.
Verkeersdata is nie in alle areas beskikbaar nie. Vir inligting oor verkeerdekkingsgebiede, besoek garmin.com/traffic.
Indien jou produkmodel verkeersdata insluit, is die voertuigkragkabel wat by jou toestel ingesluit is, verkeersversoenbaar. Indien jy ’n verkeersontvangerkabel as ’n bybehoorsel gekoop het, moet jy die bybehoorselkabel gebruik om die toestel aan voertuigkrag te koppel.
Wanneer jy binne ’n verkeersdekkinggebied is, kan jou toestel verkeersinligting vertoon en jou help om verkeersvertragings te vermy.