Gebruik van die Paneelbordkameragalery

Jy kan die paneelbordkameragalery gebruik om opgeneemde paneelbordkameravideo te besigtig, onnodige video’s te skrap en om ’n snit uit die ongebergde videomateriaal te berg.

LET WEL: Die toestel hou op om video op te neem terwyl jy video's kyk.
  1. Kies Toepassingslaai > Paneelbordkameragalery > Goed.
  2. Kies ’n gebergde video of kies Ongeberg.

    Die video begin outomaties speel.

  3. Kies ’n opsie:
    • Om ’n snit van ongebergde videomateriaal te berg, gebruik die glyer om die videosegment te kies om te berg, en kies Stoor na geheuekaart.

      Die toestel berg die videosegment tussen die oranje merkers op die glyer.

    • Om ’n video te skrap, kies Skrap.

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-260D9C3C-8A96-42DD-8D3B-6F6B7C616338 v5