Besigtig die Lys Kennisgewings

Jy kan ’n lys van alle aktiewe kennisgewings besigtig.

  1. Kies Toepassingslaai > Navigasie > Slimkennisgewings.

    Die lys kennisgewings verskyn. Ongelese kennisgewings vertoon swart en voorheen gelese kennisgewings vertoon grys.

  2. Kies ’n opsie:
    • Om ’n kennisgewing te besigtig, kies die kennisgewingbeskrywing.

    • Om na ’n kennisgewing te luister, kies Speel.

      Die toestel lees die kennisgewing met die gebruik van teks-na-spraak-tegnologie. Hierdie kenmerk is nie vir alle tale beskikbaar nie.

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-260D9C3C-8A96-42DD-8D3B-6F6B7C616338 v5