Parkering Naby Jou Bestemming

Jou toestel kan jou help om ’n parkeerplek naby jou bestemming te vind. Wanneer jy sommige bestemmings nader, por die toestel jou outomaties aan om parkeerplek te soek.

  1. Kies ’n opsie:
    • Wanneer die toestel jou por, kies Ja om vir nabygeleë parkering te soek.

    • Indien die toestel jou nie por nie, kies Soek > Kategorieë > Parkering, en kies Soekgebied > My Bestemming.

  2. Kies Filtreer parkering, en kies een of meer kategorieë om parkering volgens beskikbaarheid, tipe, prys of betaalmetode (opsioneel) te filtreer.
    LET WEL: Gedetailleerde parkeerdata is nie in alle areas of vir alle parkeerliggings beskikbaar nie.
  3. Kies ’n parkeerligging, en kies Gaan! > Voeg as volgende stop by.

Die toestel lei jou na die parkeerarea.

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-0BA92502-A113-48CC-93AF-081F06BC6CDF v9