Montering op jou Paneelbord

KENNISGEWING

Die permanente monteringskleefmiddel is uiters moeilik om te verwyder nadat dit eers aangebring is.

Jy kan 'n opsionele monteringskyfie gebruik om jou toestel op die paneelbord te monteer en aan sekere staatregulasies te voldoen. Raadpleeg www.garmin.com vir meer inligting.

  1. Maak die paneelbord skoon en droog waar jy die skyfie gaan plaas.
  2. Verwyder die rugkant van die kleefmiddel aan die onderkant van die skyfie.
  3. Plaas die skyfie op die paneelbord.
  4. Haal die deurskynende plastiekoortreksel van die skyfie se bokant af.
  5. Sit die suigdopmonteerstuk bo-op die skyfie.
  6. Wip die hefboom ondertoe (na die skyfie).
Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-10EE8A77-0D40-4D71-B30D-04103683B2D0 v3