Teken in op Garmin Regstreekse Dienste

Sommige Regstreekse Dienste van Garmin DriveSmart™ benodig ’n betaalde intekening. Jy kan in die Smartphone Link-toepassing ’n intekening as ’n aankoop binne die toepassing koop. Die intekening is gekoppel aan die toepassingwinkelrekening vir jou slimfoon.

  1. Maak die Smartphone Link-toepassing op jou slimfoon oop.
  2. Kies My rekening.

    ’n Lys beskikbare dienste en intekenpryse verskyn.

  3. Kies ’n diens.
  4. Kies die prys.
  5. Kies Teken in.
  6. Volg die instruksies op die skerm om die aankoop te voltooi.
Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-CBA24409-6FB7-435D-978D-ED87272C2D8A v5