Statusbalk-ikone

Die statusbalk sit bo-aan die hoofkieslys. Die statusbalk-ikone vertoon inligting oor kenmerke op die toestel. Jy kan sommige ikone kies om instellings te verander of om bykomende inligting te sien.

GPS-seinstatusbalke

GPS-seinstatus. Hou in om GPS-akkuraatheid en opgespoorde satellietinligting te sien (Besigtig GPS-seinstatus).

Bluetooth-simbool

Bluetooth® tegnologiestatus. Kies om die instellings van Bluetooth te sien (Instellings vir Koordlose Netwerke).

Wi-Fi-seinstatus

Wi-Fi-seinsterkte. Kies om die Wi-Fi-instellings te verander (Instellings vir Koordlose Netwerke).

Telefoon

Gekoppel aan vryhandoproepe. Kies om ’n oproep te maak (Vryhand-oproepdoen).

Tyd van dag

Huidige tyd. Kies om die tyd te stel (Instel van die Tyd).

Batterylaaistatus

Battery-laaivlak.

LiveTrack-simbool

Deel tans LiveTrack-data. Die aantal uitgenooide kykers verskyn op die ikoon. Kies om die LiveTrack-toepassing oop te maak (LiveTrack).

Smartphone Link-simbool

Smartphone Link status. Kies om te verbind aan die Smartphone Link-toepassing en regstreekse verkeersdata en ander regstreekse dienste te ontvang (Paring met Jou Foon en Verbinding aan Smartphone Link).

Temperatuur

Temperatuur. Kies om die weervoorspelling te sien (Besigtig die Weervoorspelling).

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-CBA24409-6FB7-435D-978D-ED87272C2D8A v5