Aankoms by Jou Bestemming

Wanneer jy jou bestemming nader, verskaf die toestel inligting om jou te help om jou roete te voltooi.

  • Bestemmingvlag dui jou bestemming se ligging op die kaart aan, en ’n stemporboodskap kondig aan dat jy jou bestemming nader.

  • Wanneer jy sommige bestemmings nader, por die toestel jou outomaties aan om parkeerplek te soek. Jy kan Ja kies om nabygeleë parkeerareas te vind (Parkering Naby Jou Bestemming).

  • Wanneer jy verder van jou bestemming moet parkeer of stop, kan jy per voet verder na jou bestemming vorder met die gebruik van jou Garmin DriveSmart™ toestel of ’n versoenbare Garmin® horlosie met Connect IQ™ (Vind Jou Bestemming deur Jou Garmin Horlosie te Gebruik).

  • Wanneer jy by jou bestemming stop, beëindig die toestel die roete outomaties. Indien die toestel jou aankoms nie outomaties bespeur nie, kan jy Stop kies om jou roete te beëindig.

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-CBA24409-6FB7-435D-978D-ED87272C2D8A v5