Ontvangs van Bestuurderwaarskuwings op Jou Horlosie

Voordat jy hierdie kenmerk kan gebruik, moet jy Watch Link (Opstelling van Watch Link) opstel.

Jou versoenbare Garmin® horlosie kan gespesifiseerde bestuurderwaarskuwings vanaf jou Garmin DriveLuxe™ toestel vertoon. Jy kan kies watter waarskuwings op jou horlosie verskyn.

  1. Op jou Garmin DriveLuxe toestel, kies Toepassings > Watch Link.
  2. Kies elke tipe waarskuwing wat jy op jou horlosie wil ontvang.
  3. Maak die Watch Link-toepassing op jou horlosie oop, en kies Bestuurderwaarskuwings.

    Terwyl jy met jou Garmin DriveLuxe toestel navigeer, vibreer die horlosie en vertoon dit die gespesifiseerde bestuurderwaarskuwings soos dit plaasvind.

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-481D7DF4-E095-48CE-962F-13CDA17E6C53 v4