Monteer en Aandryf van die Toestel in jou Voertuig

WAARSKUWING

Hierdie produk bevat ’n litiumioon-battery. Om die moontlikheid van persoonlike besering of produkskade te voorkom wat veroorsaak word deur die blootstelling van die battery aan uiterste hitte, berg die toestel buite bereik van direkte sonlig.

Voordat jy jou toestel op batterykrag gebruik, moet jy dit laai.

  1. Prop die voertuigkragkabel Byskrif nommer een in by die USB-poort op die toestel.

    Device and mount assembly with callouts
  2. Druk die montering Byskrif nommer twee in die suigdoppie Byskrif nommer drie totdat dit in plek knip.

    Die montering is omkeerbaar. Indien jy die ingeslote windskermsuigdoppie gebruik, moet jy die montering installeer met die sok na die bo-kant van die toestel. Indien jy ’n opsionele paneelbordmontering-bybehoorsel gebruik, moet jy die montering met die sok na die onderkant van die toestel installeer. Dit verseker dat die paneelbordkamera nie deur die montering versper word nie.

  3. Druk die suigdoppie teen die windskerm, en trek die hefboom Byskrif nommer vier terug na die windskerm.
  4. Pas die oortjie op die montering in die gleuf aan die agterkant van die toestel.
  5. Druk die toestel in die montering totdat dit klik.
  6. Prop die ander kant van die voertuigkragkabel in ’n kragpunt in jou voertuig.
Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-75636338-CD03-4200-9895-BB99BD4A5EA6 v5