Rooilig- en Spoedkameras
Garmin® is nie verantwoordelik vir die akkuraatheid of gevolge van die gebruik van ’n rooilig- of spoedkameradatabasis nie.
Inligting oor rooilig- en spoedkameraliggings is in sommige areas vir sekere produkmodelle beskikbaar. Die toestel waarsku jou wanneer jy ’n gerapporteerde spoed- of rooiligkamera nader.
-
Regstreekse rooilig- en veiligheidskameradata is as intekening beskikbaar vanaf Garmin se regstreekse dienste met gebruik van die Smartphone Link-toepassing (Garmin Regstreekse Dienste).
-
Jy moet ’n intekening koop om veiligheidskameradata op jou toestel af te laai en te berg. Besoek garmin.com/speedcameras om beskikbaarheid en versoenbaarheid na te gaan, of om ’n intekening of eenmalige bywerking te koop. Jy kan te eniger tyd ’n nuwe streek koop of ’n bestaande intekening verleng.
-
In sommige streke sluit sommige produkbondels voorafgelaaide rooilig- en kameradata met lewenslange bywerkings in.
-
Jy kan Garmin Express™ se sagteware gebruik (garmin.com/express) om die kameradatabasis wat op jou toestel geberg word, by te werk. Jy moet jou toestel gereeld bywerk om die jongste kamera-inligting te ontvang.