Paring met Jou Foon en Verbinding aan Smartphone Link

Jy moet jou toestel van Garmin DriveAssist™ met jou foon paar en verbind aan Smartphone Link om sekere kenmerke te gebruik, byvoorbeeld regstreekse verkeers- en parkeerinligting, vryhandoproepe en ander gekoppelde kenmerke.

LET WEL: Produkmodelle wat op LMT-D of LMT-HD eindig, kan verkeersdata ontvang deur óf die Smartphone Link-toepassing óf die ingeboude oor-die-lug- digitale verkeersontvanger te gebruik.

Nadat die toestelle gepaar is, verbind hulle outomaties wanneer hulle aangeskakel en binne reikafstand is.

  1. Installeer die Smartphone Link-toepassing vanuit die toepassingwinkel op jou foon.
  2. Plaas die toestel van Garmin DriveAssist en jou foon binne 3 m (10 vt.) van mekaar.
  3. Op die toestel van Garmin DriveAssist, kies Instellings > Koordlose netwerke, en kies die Bluetooth-merkblokkie.
  4. Kies Soek na toestelle.
  5. Op jou foon, ontsper Bluetooth® se koordlose tegnologie en stel die foon om ontdekbaar te wees.

    Raadpleeg jou foon se gebruikershandleiding vir meer inligting.

  6. Op jou toestel van Garmin DriveAssist, kies Goed.

    Die Garmin DriveAssist toestel begin na Bluetooth toestelle naby te soek, en ’n lys van alle Bluetooth toestelle verskyn. Dit kan tot ’n minuut neem vir jou foon om op die lys te verskyn.

  7. Kies jou foon uit die lys en kies Goed.
  8. Bevestig die paringversoek op jou foon.
  9. Maak die Smartphone Link-toepassing op jou foon oop.

    Indien jy met ’n met ’n toestel van Apple® paar, sal ’n sekuriteitskode op die skerm van Garmin DriveAssist verskyn.

  10. Indien nodig, voer die sekuriteitskode binne 30 sekondes op jou foon in.
Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-75636338-CD03-4200-9895-BB99BD4A5EA6 v5