Opneem van ’n Travelapse video

Jy kan ’n Travelapse™ video outomaties opneem wanneer jy ’n langer roete of gestoorde rit navigeer, óf jy kan Travelapse opname met die hand begin en stop.

LET WEL: Die toestel gaan voort om gereelde paneelbordkamera-beeldmateriaal op te neem terwyl dit ’n Travelapse video opneem.
  • Kies die Travelapse banier aan die bokant van die kaart wanneer jy ’n roete of rit begin wat twee ure of langer is.

    Die kamera-kaartnutsmiddel verskyn en die toestel begin om ’n Travelapse video op te neem. Indien jou roete herbereken, por die toestel jou aan om die Travelapse opname voort te sit of te stop. Die Travelapse opname stop outomaties wanneer jy die finale bestemming van jou roete of rit bereik.

  • Om Travelapse opname met die hand te begin of te stop, kies ’n opsie:
    • Kies vanaf kaart Kaartnutsmiddelkieslys > Kamera > Travelapse.

    • Kies vanaf die hoofkieslys Toepassings > Paneelbordkamera > Travelapse.

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-75636338-CD03-4200-9895-BB99BD4A5EA6 v5