Kaart- en Sagtewarebywerkings

Vir die beste navigasie-ervaring moet jy die kaarte en sagteware op jou toestel bygewerk hou.

Kaartbywerkings verskaf die nuutste beskikbare veranderings aan paaie en liggings in die kaarte wat deur jou toestel gebruik word. Deur jou kaarte bygewerk te hou, help jou toestel om liggings te vind wat onlangs bygevoeg is en om meer akkurate roetes te bepaal. Kaartbywerkings is groot en kan etlike ure neem om te voltooi.

Sagtewarebywerkings verskaf veranderings en verbeterings aan die toestelkenmerke en -werking. Sagtewarebywerkings is klein en neem ’n paar minute om te voltooi.

Jy kan die toestel aan ’n rekenaar koppel en dit bywerk deur die Garmin Express™ toepassing te gebruik (garmin.com/express).