Parkering

Jou Garmin Drive™ toestel sluit gedetailleerde parkeerdata in. Gegrond op die waarskynlikheid van beskikbare parkeerplekke, tipe parkeerarea, prys of aanvaarbare betaalmetodes, kan dit jou help om nabygeleë parkering te vind.

In sommige areas is regstreekse parkeerdata beskikbaar terwyl jou Garmin Drive toestel verbind is aan Smartphone Link (Verbind tans aan Smartphone Link). Terwyl jou toestel regstreekse parkeerdata ontvang, kan jy na intydse parkeertendense kyk.

LET WEL: Gedetailleerde parkeerdata is nie in alle areas of vir alle parkeerliggings beskikbaar nie. Garmin® is nie verantwoordelik vir die akkuraatheid of tydigheid van regstreekse parkeerdata nie.