Verkeersdata

KENNISGEWING

Garmin® is nie verantwoordelik vir die akkuraatheid of tydigheid van die verkeersinligting nie.

Verkeersdata is nie in alle gebiede of vir alle produkmodelle beskikbaar nie. Vir inligting oor verkeersontvangers en dekkingsgebiede, besoek www.garmin.com/traffic.

Om verkeersvertragings te vermy, moet jou toestel regstreekse verkeersdata ontvang.

  • Indien jou toestel ’n verkeersontvanger insluit, kan dit – waar beskikbaar – verkeersdata van ’n uitsaaisein oor die lug ontvang.

  • ’n FM-verkeersontvanger word ingesluit by produkmodelle wat op LT of LMT eindig.

  • Om verkeersdata met die gebruik van die verkeersontvanger te ontvang, moet die toestel aan die voertuigkrag gekoppel wees deur middel van die kragkabel wat ingesluit word.

  • Die toestel moet binne reikafstand van ’n verkeersdatasein wees om inligting deur middel van die verkeersontvanger te ontvang.

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-6B108B9F-CA46-46F1-87C7-AFED877A3A67 v6