Bywerking van kaarte en sagteware met Garmin Express

Jy kan Garmin Express™ sagteware gebruik om die jongste kaart- en sagtewarebywerkings vir jou toestel af te laai en te installeer. Kaartbywerkings verskaf die jongste beskikbare kaartdata om te verseker dat jou toestel voortgaan om akkurate en doeltreffende roetes na jou bestemmings te bereken. Garmin Express is beskikbaar vir Windows® en Mac® rekenaars.

  1. Op jou rekenaar, gaan na www.garmin.com/express.

    Laptop and file icon with arrow showing download
  2. Kies ’n opsie:
    • Om op 'n Windows rekenaar te installeer, kies Laai af vir Windows.

    • Om op 'n Mac rekenaar te installeer, kies Mac-weergawe.

  3. Maak die afgelaaide lêer oop en volg die instruksies op die skerm om die installasie te voltooi.
  4. Begin Garmin Express.
  5. Verbind jou Garmin® toestel aan jou rekenaar met die gebruik van ’n USB-kabel.

    Device connected to laptop by USB with arrows

    Die Garmin Express sagteware bespeur jou toestel.

  6. Voer 'n e-posadres vir produkregistrasie in (opsioneel).
  7. Kliek berg toestel.
  8. Kliek soek na bywerkings.

    'n Lys van beskikbare kaart- en sagtewarebywerkings verskyn.

  9. Kies die bywerkings om te installeer.
  10. Kliek Installeer nou.

    Device connected to laptop with arrow showing software update

Die Garmin Express sagteware laai die bywerkings af en installeer dit op jou toestel. Kaartbywerkings is baie groot, en hierdie proses kan 'n lang tyd op stadiger internetverbindings neem.

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-E62B4DAB-6BEC-4435-8638-2E8C5AB91ABF v5