Byvoeg van ’n Ligging op Jou Roete

Voordat jy ’n ligging by jou roete kan voeg, moet jy ’n roete navigeer (Begin ’n roete).

Onderweg na jou bestemming kan jy na aanvullende liggings navigeer. Jy kan byvoorbeeld ’n vulstasie as die volgende stop in jou roete byvoeg. Jy kan ook ’n ligging by jou roete se einde voeg.

WENK: Om komplekse roetes met veelvuldige liggings of geskeduleerde stoppe te skep, kan jy die ritbeplanner gebruik om jou roete te beplan, te wysig en te berg (Beplan ’n rit).
  1. Vanaf die kaart, kies Back menu > Waarheen?.
  2. Soek ’n ligging (Vind Liggings).
  3. Kies ’n ligging.
  4. Kies Gaan!.
  5. Kies ’n opsie:
    • Om die ligging as die volgende stop in jou roete by te voeg, kies Voeg as volgende stop by.

    • Om die ligging by die einde van jou roete te voeg, kies Voeg as laaste stop by.

    • Om die ligging by te voeg en die volgorde van liggings op jou roete aan te pas, kies Voeg by Aktiewe Roete.

Jou toestel herbereken die roete om die bygevoegde ligging in te sluit, en lei jou in volgorde na die liggings.

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-E62B4DAB-6BEC-4435-8638-2E8C5AB91ABF v5