Kamera-instellings
Kies
.- Neem op vanaf aanskakeling
-
Die paneelbordkamera begin om outomaties video op te neem wanneer jy die toestel aanskakel.
- Outomatiese ongelukbespeuring
-
Berg video outomaties wanneer die toestel ’n moontlike bestuurinsident bespeur.
- Neem oudio op
-
Neem oudio met gebruik van die toestelmikrofoon op terwyl video opgeneem word.
- Data-oorlegging
-
Sluit datum-, tyd-, ligging- en snelheidinligting in die opgeneemde video in.
- Videoresolusie
-
Stel die resolusie en gehalte vir video-opnames.
- Neem op na kragverlies
-
Gaan voort om video vir ’n gekose tydperk op te neem nadat eksterne krag verlore is.
Oueronderwerp: Verpersoonliking van die Toestel