Verbind aan Smartphone Link

Voordat jy aan Smartphone Link kan verbind, moet jy die Smartphone Link toepassing na jou foon aflaai en installeer.

  1. Begin Smartphone Link op jou foon.
  2. Kies vanaf jou toestel Instellings > Bluetooth.
  3. Kies die Bluetooth merkblokkie.
  4. Ontsper vanaf jou foon Bluetooth® se koordlose tegnologie en skandeer vir nabygeleë Bluetooth toestelle.

    Raadpleeg jou foon se gebruikershandleiding vir meer inligting.

  5. Kies vanaf jou foon jou toestel uit die lys van nabygeleë toestelle.
  6. Volg die instruksies op die skerm van jou foon en op jou toestel om die paarversoek te bevestig.

    Smartphone Link icon verskyn in die statusbalk op jou toestel as Smartphone Link verbind is.

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-E62B4DAB-6BEC-4435-8638-2E8C5AB91ABF v5