Ontsper of versper van liggingdienste
Die liggingdienste-kenmerk moet vir jou toestel ontsper wees om jou ligging te vind, roetes te bereken en navigasiebystand te verskaf. Jy kan liggingdienste versper om batterykrag te spaar of om ’n roete te beplan wanneer die toestel binnenshuis en weg van GPS-seine is. Wanneer liggingdienste versper is, ontsper die toestel ’n GPS-nabootser om roetes te bereken en na te boots.
- Kies .
- Kies die wisselskakeklaar om liggingdienste te ontsper of versper.
LET WEL: Vir meeste gebruike moet jy nie die Modus-instelling van die verstekopsie van Slegs toestel verander nie. Die toestel sluit ’n GPS-antenna met hoë werkverrigting in, wat die akkuraatste liggingdata verskaf terwyl jy navigeer.
Oueronderwerp: dēzl Instellings