Konfigureer stembeheer

Die Stembeheer-kenmerk moet vir ’n enkele gebruiker se stem gekonfigureer word en werk nie vir ander gebruikers nie.

  1. Kies Toepassings > Stembeheer.
  2. Volg die instruksies op die skerm om opdragte vir elke stembeheerfrase op te neem.
    LET WEL: Jy hoef nie die presiese frase op die skerm te lees nie. Jy kan 'n alternatiewe opdrag met dieselfde betekenis op grond van jou voorkeur sê.

Om 'n stembeheer-kenmerk te gebruik, moet jy die opdrag sê wat jy vir die kenmerk opgeneem het.

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-30B3BC65-3861-4756-B5C3-578F73D2CC26 v4