Installasie van ’n Geheuekaart vir Kaarte en Data

Jy kan ’n geheuekaart installeer om die bergingspasie vir kaarte en ander data op jou toestel te vergroot. Jy kan geheuekaarte by ’n elektronikaverskaffer koop, of gaan na www.garmin.com/maps om ’n geheuekaart met voorafgelaaide Garmin® karteringsagteware te koop. Die toestel steun microSD® geheuekaarte van 4 tot 64 GB.

  1. Vind die kaart-en-data-geheuekaartgleuf op jou toestel (dēzl 580 Toesteloorsig).
  2. Plaas ’n geheuekaart in die gleuf.
  3. Druk dit totdat dit klik.
Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-30B3BC65-3861-4756-B5C3-578F73D2CC26 v4