Ontvang Kennisgewings

WAARSKUWING

Moenie kennisgewings lees of daarop reageer terwyl jy bestuur nie, omdat dit tot ’n ongeluk kan lei wat op ernstige persoonlike besering of die dood kan uitloop.

Voordat jy hierdie kenmerk kan gebruik, moet jou toestel aan ’n gesteunde foon gekoppel wees wat die Tread®-toepassing loop (Paring met jou slimfoon).

’n Opspringvenster verskyn van die meeste bladsye wanneer die toestel ’n kennisgewing van jou slimfoon ontvang. Indien die toestel beweeg, moet jy bevestig jy is ’n passasier en nie die bestuurder nie voordat jy kennisgewings kan besigtig.

LET WEL: Indien jy die kaart besigtig, verskyn kennisgewings in ’n kaartnutsmiddel.
  • Om ’n kennisgewing te ignoreer, kies Maak toe.

    Die opspringvenster maak toe, maar die kennisgewing bly aktief op jou foon.

  • Om ’n kennsgewing te bekyk, kies Tuis > Toepassings > Nutsmiddels > Telefoon > Foonoproepgeskiedenis > Boodskappe.
    WENK: Jy kan ook die telefoonlegstuk op die hoofkieslys kies.
  • Om bykomende aksies uit te voer, soos om die kennisgewing op jou telefoon toe te maak, kies die kennisgewing, en kies ’n opsie.
    LET WEL: Bykomende aksies is slegs vir sekere soorte kennisgewings beskikbaar, en moet ondersteun word deur die toepassing wat die kennisgewing genereer.
GUID-F6BEDBD8-13B2-4F5A-B2BB-AAFF681745D4 v1
Augustus 2024