Opstel van ’n Insidentkontak
Voordat jy ’n insidentbespeuringkontak kan opstel, moet jy hierdie take voltooi:
-
Koppel jou toestel aan Garmin Drive™ (Paar jou Foon en Kopstuk).
-
Kies en bevestig dat die Telefoonoproepe-opsie vir jou foon ontsper is.
Tydens die opstel van die insidentkontak moet die toestel toegang tot Garmin Drive se toepassing en tot jou slimfoon se foonboek hê. Indien jy nie jou toestel vir vryhandoproepe wil gebruik nie, kan jy die Telefoonoproepe-opsie versper nadat die insidentkontak klaar opgestel is.
Oueronderwerp: Insidentbespeuring en -kennisgewings