Navigeer na Belangepunte Binne ’n Plek

LET WEL: Hierdie kenmerk is moontlik nie in alle gebiede of vir alle produkmodelle beskikbaar nie.

Jy kan ’n roete skep na ’n belangepunt (BP) binne ’n groter plek, soos ’n winkel binne ’n winkelsentrum of ’n spesifieke terminaal binne ’n lughawe.

  1. Kies Waarheen? > Soek.
  2. Kies ’n opsie:
    • Om die plek te soek, voer die plek se naam of adres in, kies Soek en gaan na stap 3.

    • Om die BP te soek, voer die BP se naam in, kies Soek en gaan na stap 5.

  3. Kies die plek.

    Onder die plek verskyn ’n lys kategorieë soos restaurante, motorverhurings of terminale.

  4. Kies ’n kategorie.
  5. Kies die BP, en kies Gaan!.

Die toestel skep ’n roete na die parkeerterrein of plekingang naaste aan die BP. Wanneer jy by die bestemming aankom, dui ’n geruite vlag die aanbevole parkeerterrein aan. ’n Gemerkte punt dui die BP se ligging binne die plek aan.

GUID-E024D22C-EA17-40B3-A63F-E9535D86014B v9
Oktober 2023