Gebruik In-oproep-opsies

In-oproep-opsies is beskikbaar wanneer jy ’n oproep beantwoord. Sekere opsies is dalk nie met jou foon versoenbaar nie.

WENK: Indien jy die in-oproep-opsies-bladsy sluit, kan jy dit weer oopmaak deur Telefoon vanuit enige skerm te kies. Jy kan ook die beller vanaf die kaart kies.
  • Om ’n konferensie-oproep op te stel, kies Voeg oproep by.
  • Om oudio na jou foon oor te dra, kies Oprp op Navigator.
    WENK: Jy kan hierdie kenmerk gebruik as jy die Bluetooth® verbinding wil verbreek en die oproep wil voortsit, of as jy privaatheid benodig.
  • Om die skakelblad te gebruik, kies Toetsblad.
    WENK: Jy kan hierdie kenmerk gebruik om outomatiese stelsels te gebruik, soos stempos.
  • Om die mikrofoon te demp, kies Demp.
  • Om af te lui, kies Beëindig oprp.
GUID-E024D22C-EA17-40B3-A63F-E9535D86014B v9
Oktober 2023