Verbind die Toestel aan Jou Rekenaar

Jy kan die toestel aan jou rekenaar met gebruik van ’n USB-kabel verbind.

  1. Prop die klein punt van die USB-kabel by die poort op die toestel in.
  2. Prop die groter punt van die USB-kabel by ’n poort op jou rekenaar in.
  3. Wanneer jou Garmin Drive™ toestel jou aanpor om lêeroordragmodus binne te gaan, kies Ja.

’n Prent van jou toestel wat aan ’n rekenaar gekoppel is, verskyn op die toestelskerm.

Afhangend van jou rekenaarbedryfstelsel, verskyn die toestel as of ’n draagbare toestel, ’n verwyderbare skyf of ’n verwyderbare volume.

Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-D5CC4776-D7B3-4238-9004-9B9B34498BA3 v1