Beplan ’n Rit

’n Rit kan baie bestemmings insluit en moet ten minste ’n beginligging en een bestemming insluit. Die beginligging is die ligging waarvandaan jy beplan om met jou rit te begin. As jy die rit vanaf ’n ander ligging begin navigeer, gee die toestel jou die opsie om eers ’n roete tot by jou beginligging te neem. Vir ’n retoerrit kan die beginligging en finale bestemming dieselfde wees.

  1. Kies Toepassings > Ritbeplanner > Nuwe Rit.
  2. Kies Kies beginligging.
  3. Kies ’n ligging vir jou beginpunt en kies Kies.
  4. Kies Kies Bestemming.
  5. Kies ’n ligging vir ’n bestemming en kies Kies.
  6. Kies Voeg Ligging by om meer liggings by te voeg (opsioneel).
  7. Nadat jy al die nodige liggings bygevoeg het, kies Volgende > Berg.
  8. Voer ’n naam in en kies Gedoen.
Kopiereg © Garmin. Alle regte voorbehou.GUID-D5CC4776-D7B3-4238-9004-9B9B34498BA3 v1