Kalibreer die kompas

KENNISGEWING

Kalibreer die elektroniese kompas buitenshuis. Om rigtingakkuraatheid te verbeter, moet jy wegstaan van metaalvoorwerpe of voorwerpe wat magnetiese velde beïnvloed soos voertuie, elektroniese toestelle, geboue of oorhoofse kragkabels.

Wanneer jou toestel aan die monteerstuk gekoppel is, gebruik dit GPS-data om jou kompasrigting te bepaal. Wanneer jy die toestel uit die monteerstuk verwyder, gebruik dit ’n ingeboude kompas om jou rigting te wys.

Elke keer wat jy jou toestel uit die monteerstuk ontkoppel, sal jy dalk die kompas moet kalibreer.

As jy ongewone kompasgedrag ervaar, byvoorbeeld nadat jy lang afstande beweeg het of ná uiterste temperatuurveranderinge, kan jy die kompas met die hand kalibreer om akkuraatheid te verbeter.

  1. Ontkoppel die toestel uit die monteerstuk en beweeg weg van voorwerpe af wat magnetiese velde beïnvloed.
  2. Uit die hoofkieslys, kies Toepassings > Toepassings > ABK > Kieslys > Kalibreer kompas.
  3. Volg die instruksies op die skerm.
GUID-B3443908-7800-44A1-BE1E-0D780C075CBA v3
Augustus 2023