Ontvang Kennisgewings terwyl Jy die Kaart Besigtig

WAARSKUWING

Moet nie kennisgewings lees of dit beantwoord terwyl jy bestuur nie. Indien jy dit doen, kan jou aandag deur die vertoonskerm afgetrek word, wat tot ’n ongeluk en ernstige persoonlike besering of die dood kan lei.

Voordat jy hierdie kenmerk kan gebruik, moet jou toestel aan ’n gesteunde foon verbind wees wat die dēzl™ toepassing (Regstreekse Dienste, Verkeer en Slimfoonkenmerke).

Wanneer jy die kaart besigtig, verskyn nuwe kennisgewings in ’n kaartnutsmiddel op die skerm se rand. Indien die toestel beweeg, moet jy bevestig jy is ’n passasier en nie die bestuurder nie voordat jy kennisgewings kan besigtig.

  • Om ’n kennisgewing te ignoreer, kies Maak toe, of wag vir die opspringvenster om te verstryk.

    Die opspringvenster maak toe, maar die kennisgewing bly aktief op jou foon.

  • Om ’n kennisgewing te besigtig, kies die kennisgewingteks.
  • Om na die kennisgewing te luister, kies Speel boodskap.

    Die toestel lees die kennisgewing met die gebruik van teks-na-spraak-tegnologie. Hierdie kenmerk is nie vir alle tale beskikbaar nie.

  • Om ’n stemopdrag te gebruik om na die kennisgewing te luister, sê Speel boodskap.
    LET WEL: Hierdie opsie is slegs beskikbaar wanneer die gekose taal die stemopdragkenmerk ondersteun, en Stemopdragsimbool in die kaartnutsmiddel verskyn.
  • Om bykomende aksies uit te voer, bv. om die kennisgewing op jou foon toe te maak, kies Beskou, en kies ’n opsie.
    LET WEL: Bykomende aksies is slegs vir sekere soorte kennisgewings beskikbaar, en moet ondersteun word deur die toepassing wat die kennisgewing genereer.
GUID-AE5D2F0F-D7AE-4232-85C9-95B282539451 v4
Oktober 2023