Verkry GPS-seine

Wanneer jy jou navigasietoestel aanskakel, moet die GPS-ontvanger satellietdata versamel en die huidige ligging vasstel. Die tyd wat benodig word om satellietseine op te spoor, wissel op grond van verskeie faktore, waaronder hoe ver jy van die ligging is waar jy laas jou navigasietoestel gebruik het, of jy die lug duidelik kan sien, en hoe lank dit was sedert jy laas jou navigasietoestel gebruik het. Die eerste keer wat jy jou navigasietoestel aanskakel, kan dit etlike minute neem om satellietseine op te spoor.

  1. Skakel die toestel aan.
  2. Bevestig dat Liggingdienstesimbool in die statusbalk verskyn en ontsper liggingdienste indien dit nie daar verskyn nie (Ontsper of versper van liggingdienste).
  3. Gaan, indien nodig, na ’n oop area met ’n duidelike aansig van die lug, weg van hoë geboue en bome.

    Bekom van Satelliete verskyn aan die bokant van die navigasiekaart totdat die toestel jou ligging bepaal.

GUID-9FC76615-A91B-4AAA-A205-B2EAA899321A v7
Oktober 2023