Byvoeg van ’n Ligging op Jou Roete

Voordat jy ’n ligging by jou roete kan voeg, moet jy op ’n roete navigeer (Begin ’n Roete).

Jy kan liggings by die middel of einde van jou roete byvoeg. Jy kan byvoorbeeld ’n vulstasie as die volgende bestemming op jou roete byvoeg.

WENK: Om komplekse roetes met veelvuldige bestemmings of geskeduleerde stoppe te skep, kan jy die ritbeplanner gebruik om ’n rit te beplan, te skeduleer en te berg (Beplan ’n Rit).
  1. Vanaf die kaart, kies Terug > Waarheen?.
  2. Soek na ’n ligging (Vind en Berg Liggings).
  3. Kies ’n ligging.
  4. Kies Gaan!.
  5. Kies ’n opsie:
    • Om die ligging as die volgende bestemming op jou roete by te voeg, kies Voeg as volgende stop by.

    • Om die ligging by die einde van jou roete te voeg, kies Voeg By as Laaste Stop.Voeg as laaste stop by

    • Om die ligging by te voeg en die volgorde van bestemmings op jou roete te wysig, kies Voeg by Aktiewe Roete.

Jou toestel herbereken die roete om die bygevoegde ligging in te sluit, en lei jou in volgorde na die bestemmings.

GUID-9FC76615-A91B-4AAA-A205-B2EAA899321A v7
Oktober 2023