Invoer van GPX-lêers met ’n geheuekaart

Jy kan data soos roetepunte en roetes in GPX-lêerformaat vanaf ’n versoenbare microSD® kaart invoer.

  1. Voeg ’n versoenbare microSD kaart, wat een of meer .gpx-lêers bevat, in die geheuekaartgleuf op jou toestel (Installasie van ’n Geheuekaart vir Kaarte en Data).

    Die RV / Camper-toestel voer outomaties enige .gpx-lêers in wat op die microSD kaart gevind word.

  2. Kies ’n opsie:
    • Om ingevoerde roetepunte te sien, kies Waarheen? > Geberg.

    • Om ingevoerde roetes te sien, kies Toepassingsikoon > Navigasie > Ritbeplanner > Berg Ritte.

GUID-9FC76615-A91B-4AAA-A205-B2EAA899321A v7
Oktober 2023