Om met ’n Garmin navigasietoestel te paar

Jy kan jou Garmin PowerSwitch™ toestel met ’n versoenbare Garmin® navigasietoestel paar.

  1. Skakel jou Garmin PowerSwitch toestel aan en plaas jou versoenbare Garmin navigasietoestel binne 1 m (3,3 vt.) daarvan.
  2. Maak die Garmin PowerSwitch toepassing op jou versoenbare navigasietoestel oop.
  3. Volg die instruksies op die skerm om die paar- en opstellingsproses te voltooi.

Die hoof-toepassingpaneelbord verskyn. Nadat die toestelle gepaar is, verbind hulle outomaties wanneer hulle aangeskakel en binne reikafstand is.

GUID-8C456C2C-AB23-481B-83A8-648090650209 v1
Augustus 2024