Voordat jy ’n noodkontak kan opstel, moet jy jou navigasietoestel met die Tread® toepassing verbind (Paring met jou slimfoon).
Tydens die opstel van die noodkontak moet die toestel toegang tot die Tread toepassing en tot jou slimfoon se foonboek hê. ’n Noodkontak moet ’n bestaande kontak in die slimfoon wees wat met jou zūmo® toestel verbind is.
-
Kies uit die Tread toepassing op jou slimfoon .
-
Lees en aanvaar die gebruiksbepalings.
LET WEL:
Jy moet die gebruiksbepalings aanvaar om hierdie kenmerk te kan gebruik.
-
Kies Voeg noodkontak by.
’n Lys met jou slimfoonkontakte verskyn.
-
Kies ’n kontak.
-
Kies .
-
Volg die instruksies op die skerm om jou kontak in te lig dat jy hom/haar as noodkontak bygevoeg het.
LET WEL:
Die insidentkennisgewingboodskap sluit die naam of bynaam in wat jy ingevoer het, maar word nie vanaf jou foonnommer gestuur nie. ’n Derdepartydiens word gebruik om die boodskap te stuur, en jy moet jou noodkontak inlig dat die insidentboodskap vanaf ’n onbekende nommer sal kom.