Beplanning van ’n roete

’n Roete kan baie liggings insluit en moet ten minste ’n beginligging en een bestemming insluit. Die beginligging is die ligging waarvandaan jy beplan om met jou roete te begin. As jy die roete vanaf ’n ander ligging begin navigeer, gee die toestel jou die opsie om eers ’n roete tot by jou beginligging te neem. Vir ’n retoerrit kan die beginligging en finale bestemming dieselfde wees.

  1. Kies Toepassings > Roetebeplanner > Skep roete.
  2. Indien nodig, kies ’n berekeningsmodus.
    LET WEL: Die Vinniger tyd-modus word by verstek gekies.
  3. Kies ’n opsie om ’n ligging vir jou beginpunt te kies:
  4. Herhaal stap 2 om nog liggings by te voeg.
    LET WEL: Die laaste ligging wat jy byvoeg, is die bestemming.
  5. Nadat jy al die nodige liggings bygevoeg het, kies Stoor na geheuekaart.
GUID-6E5DFD2E-EEE4-4EF3-89BC-AACD1B4936C7 v11
Augustus 2024